Nuus > In die media > Ramaphosa-oorwinning nie veel rede tot feesvier

Gegewe sy verbintenis tot staande ANC-beleid, koop mnr Cyril Rampahosa se oorwinning tyd, maar bied dit oor die algemeen nie veel rede tot feesvier nie. Dit is die standpunt van AfriSake in die nasleep van die ANC se 54ste nasionale konferensie.

“Nieteenstaande sy reputasie as anti-Zuma gunsteling, sal die ANC onder mnr Ramaphosa en die nuwe ANC top ses waarskynlik net so skadelik vir die ekonomie wees as onder sy voorganger, maar dan verspreid oor ’n langer tydperk. Sy verkiesing hou darem wel die voordeel in dat dit aan georganiseerde besigheid en die burgerlike samelewing meer tyd bied om werkbare teenmaatreëls en alternatiewe visies vir maatskaplike samewerking en voorspoed te ontwikkel,” sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake.

“Mnr Ramaphosa beklee nou die posisie van ANC-president op die rug van ’n reaksie teen mnr Zuma se persoonlike verryking en verhouding met die Gupta’s. Betreurenswaardig soos dit ook al mag wees, lê hierdie skandale van hoe die staat gekaap word nie aan die wortel van Suid-Afrika se ekonomiese en maatskaplike probleme nie. Trouens, hulle trek ongelukkig die aandag af van hoe die staat inderwaarheid besig is om die ekonomie en burgerlike samelewing te kaap,” vervolg Le Roux.

Le Roux is skepties oor sowel mnr Ramaphosa se wil as sy vermoë om weg te draai van staande ANC-beleid, insluitende daardie beleide wat hom persoonlik verryk het, moontlik veel meer as mnr Zuma: “Mnr Ramaphosa bly verbind tot die ekonomiese en maatskaplike intervensionisme van die ANC, insluitende Radikale Ekonomiese Transformasie. En hy doen dit vanuit ’n posisie van groot persoonlike rykdom, verwerf in groot mate deur Swart Ekonomiese Bemagtigingsverwante ooreenkomste. Trouens, mnr Ramaphosa, wat die SEB-kommissie in die vroeë 2000’s gelei het, het persoonlik die grondslag gelê vir een van die mees skadelike regeringsprogramme tans in plek in Suid-Afrika.”

Le Roux wys op mnr Ramaphosa se artikel in ANC Today vroeër vanjaar (27/6/2017), waarin hy goedkeurend skryf: “Radical economic transformation is therefore not a break with existing policy. It does not represent a new, uncertain path. Radical economic transformation indicates a new phase of accelerated implementation of the long-standing economic policy positions of the ANC and government.”

Met ’n ANC onder mnr Ramaphosa sal AfriSake  verbetering verwelkom maar intussen koers hou, sê Le Roux: “Ons sal nougeset voortgaan om welwillendheidsinisiatiewe in die burgerlike samelewing te ondersteun, voorspraak vir vrye markte maak, ons lede van ’n mededingende voordeel te voorsien, en uiteindelik te poog om besigheid staatsbestand te maak.”

TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!