Nuus > In die media > Ramaphosa sê staat se waarborg van SAL-skuld kan fiskus laat inplof – Sakeliga nader Tesourie oor omvang

Die sakeorganisasie Sakeliga het vandag gewys op die belang van president Cyril Ramaphosa se stellings in die parlement dat verliesmakende staatsgewaarborgde staatsinstellings die Suid-Afrikaanse fiskus kan laat inplof. Sakeliga nader tans die Tesourie om toegang te kry tot die tersaaklike klousules in die staat se skuldwaarborgkontrakte.

President Ramaphosa het Dinsdag, in reaksie op ’n vraag deur die DA-leier, Mmusi Maimane, verklaar dat die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) nie eenvoudig gesluit kan word nie, aangesien dit sou kon beteken dat ander staatsinstellings se skuld ook onmiddellik betaalbaar raak.

Daniel du Plessis, Regsanalis by Sakeliga, sê ten einde te bepaal hoe die staat sy probleem van bankrot staatsinstellings moet oplos, is dit dringend noodsaaklik dat die publiek insae in die omvang van hierdie waarborgoorspoeleffek kry: “Die risiko is dat, indien ’n instansie soos SAL gesluit word, dit kontraktueel kan meebring dat ander skuld wat die staat gewaarborg het, ook opgeroep word. SAL se staatsgewaarborgde skuld beloop tans sowat R14.5 duisend miljoen. Die risiko vir die fiskus kan egter die volle bedrag van alle staatsgewaarborgde skuld, te wete R334 duisend miljoen, beloop. Dit is hoogtyd dat die regering met die publiek oop kaarte speel oor die risiko’s verbonde aan die skuld van staatsinstellings”.

Du Plessis wys daarop dat staatsgewaarborgde skuld tans vyf maal die bedrag is wat dit agt jaar gelede was, ’n toename van sowat R65 duisend miljoen tot R334 duisend miljoen. (Sien bygaande grafiek.)

Du Plessis sê dit is nie buitengewoon dat skuldooreenkomste wat deur staatsinstellings aangegaan word, bepalings kan bevat wat die betaalbaarheid van skuld vervroeg nie: “Talle gebeurtenisse en omstandighede soos wanbetaling of sluitings kan dien as sneller vir hierdie bepalings – wat rampspoedige gevolge kan hê as dit in werking gestel word. As die inwerkingtreding van hierdie bepalings toegelaat word, is dit selfs moontlik dat die ineenstorting van een staatsinstelling ook na ander kan oorspoel.

“Nieteenstaande die risiko is dit vanweë die ontoeganklikheid van die tersaaklike inligting nie duidelik wat die volle omvang van hierdie skuldwaarborgnetwerk is nie. Dit is dus ook moontlik dat die risiko as ’n blote verskoning gebruik word om nie van staatsinstellings ontslae te raak nie, aangesien die uiteindelike kettingreaksie van waarborgoproeping in die praktyk minder ingrypend sal wees. Daarom is Sakeliga se versoek om die inligting openbaar te maak van groot belang: dan sal die publiek beter kan bepaal wat die impak van sluiting of verkoop van SAL en ander staatsinstellings op die fiskus sal wees.”

 

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN