Nuus > In die media > Ramaphosa se Wetsontwerp op Mededinging beteken meer SEB en minder mededinging

Deur die Wysigingswet op Mededinging vandag te onderteken, het president Cyril Ramaphosa die wydstrekkende uitwerking van BSEB en die regering se burokratiese voorskriftelikheid oor die sakesektor verder uitgebrei. Die President se belofte in sy Staatsrede om Suid-Afrika se “gemak om sake te doen” te verbeter, sal erg geknou word, volgens die sakeorganisasie Sakeliga.

“BSEB is ’n beduidende belemmering vir die Suid-Afrikaanse ekonomie. As die ekonomie nie groei en ontwikkel nie, sal Suid-Afrika en sy inwoners nie beter daaraan toe wees nie – ondanks aansprake op transformasie en inklusiwiteit,” sê Daniel du Plessis, Regsontleder by Sakeliga.

Sakeliga lig die ANC se ironiese wanbegrip van monopolie en mededinging uit: “Die regering se idiosinkratiese idee van mededinging is sorgwekkend – veral by gebrek aan enige werklike beloftes om ’n einde te maak aan hoogs problematiese staatsmonopolieë en regulering wat oop markte en vrye mededinging aan bande lê,” sê Du Plessis.

Pleks daarvan sou Sakeliga verkies dat die regering meer speelruimte bied vir werklike mededingingskragte – en nie ’n stelsel wat verskillende reëls vir verskillende rassegroepe verskans nie.

“Baie van ons huidige probleme is te wyte aan toenemend beperkende regulering deur die staat – en hierdie jongste wet beteken ’n drastiese uitbreiding van die staat se seggenskap oor die toewysing van hulpbronne in die privaat sektor. Die bepalings van die wet gee aan mededingingsowerhede die reg om ‘billike pryse’ te bepaal – op grond van die ras van die partye by ’n transaksie. Voorts baan die wet nou blykbaar die weg om sekere maatskappye van mededingingsbepalings vry te stel op grond van die ras van hulle eienaars.”

Du Plessis sê die regering ignoreer die werklike versperrings vir die skep van nuwe sakeondernemings en die groei van die ekonomie. Wat dit betref, moet Suid-Afrika se talle staatsbeheerde ondernemings baie van die blaam kry.

“Hierdie wet sal waarskynlik min doen vir die behoorlike hantering van die talle staatsmonopolieë, soos Eskom, wat in snoesige reguleringsraamwerke oorleef, wat in der waarheid die skep en groei van nuwe klein en medium sakeondernemings aan bande lê.”

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN