Inisiatiewe > Funksies > Sakegemeenskap, politieke partye en burgerlike organisasies hou dringende spitsberaad oor onteiening sonder vergoeding

Sakeliga hou op 5 Desember 2018 ‘n dringende spitsberaad vir organisasies gekant teen onteiening sonder vergoeding. Die spitsberaad vind plaas die dag nadat die Parlement die aanbeveling van die Grondwetlikehersieningskomitee debatteer.

Verskeie van die vernaamste organisasies gekant teen onteiening sonder vergoeding – insluitende nie-regeringsorganisasies en politieke partye – gaan die geleentheid bywoon. Die volgende veertien organisasies het sover bywoning op 5 Desember bevestig: ACDP; AfriForum; Afrikanerbond; AgriSA; COPE; DA; Dear South Africa; FW de Klerk Stigting; Johannesburgse Prokureursvereniging; Sakeliga; Solidariteit; TLU SA; VF+; Vryemarkstigting.

“Die beraad word saamgeroep in die lig van die nuwe fase wat hierdie onteieningsdebat nou betree. Daarom hou ons dit op die dag nadat die Parlement die saak debbatteer,” sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga.

Le Roux vervolg: “Die doel van die spitsberaad is dat die vernaamste organisasies gekant teen onteiening sonder vergoeding die jongste verwikkelinge bespreek en hul standpunte stel. Hierdie tweede spitsberaad dien as opvolg van die eerste sodanige spitsberaad van Sakeliga in Maart vanjaar, kort nadat die aanvanklike mosie in die parlement aanvaar is.”

Tydens die oop sessie van die spitsberaad sal elkeen van die deelnemende organisasies kort spreekbeurte gebruik om hul standpunt te stel. Tydens die geslote sessie vind bespreking onderhewig aan die Chatham House-reël plaas. Die spitsberaad word met ‘n mediakonferensie en middagete afgesluit.

Die spitsberaad is oop vir genooide deelnemers, genooide waarnemers en lede van die media. Organisasies en ander belanghebbendes wat ook die spitsberaad wil bywoon word versoek om Sakeliga te kontak deur ‘n e-pos na diens@sakeliga.co.za te stuur

FUNKSIEBESONDERHEDE:

  • Datum: Donderdag, 5 Desember 2018
  • Tyd: 09:30 – 13:30 (Program volg)
  • Plek: Gerhardstraat 109; Centurion

PROGRAM:

  • Oop sessie
    • 09:30: Aankoms
    • 10:00: Verwelkoming en inleiding
    • 10:10: Standpuntstellings van deelnemende organisasies (drie minute elk)
    • 11:20: Oorwegings van tydsberekening en aanvulling by regsaksie – Adv. Mark Oppenheimer
    • 11:35: Die meriete van ‘n openbare verklaring ter ondersteuning van eiendomsreg en teen onteiening sonder vergoeding – Piet le Roux, Sakeliga
    • 11:45: Pouse
  • Geslote sessie (Chatham House-reël)
    • 12:00: Bespreking
    • 13:00: Slotopmerkings
  • Oop sessie
    • 13:10: Mediakonferensie // Middagete

Lede van die media word uitgenooi om die oop sessie en die mediakonferensie by te woon. Bevestig bywoning by media@sakeliga.co.za.

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN