Sakeliga Sakekamers

Waar plaaslike sakegemeenskappe organsieer,
staan hulle in die pad van verval en maatskaplike agteruitgang.

Sakekamers

Sakeliga implementeer tans ‘n plan vir plaaslike sakegemeenskappe. Meer as ooit vantevore hang dit van sakegemeenskappe af om in die pad van verval te staan.  As een sakeorganisasie sal daar altyd ‘n beperking wees op hoeveel Sakeliga kan uitrig. Ons fokus is dus eerder om soveel moontlik plaaslike sakegemeenskappe te versterk en onder ‘n belynde regstrategie te organiseer. So kan ons saam meer doen en vir mekaar regspresedente skep.

Daar is nie iemand beter om oplossings en geleenthede in verval te soek en te implementeer as ‘n entrepreneur nie. Sakeliga se rol is bloot om oplossingsgedrewe sakegemeenskappe saam te snoer en te versterk.

Kontak ons gerus

Kom maak ‘n verskil in een van ons plaaslike sakeligas.

Voltooi die kontakvorm om inligting oor ons plaaslike strategie te ontvang of betrokke te raak.