Nuus > In die media > Sakeliga beding unieke regshulp teen grondbesettings

Die sakeorganisasie, Sakeliga (voorheen bekend as AfriSake) het vandag aangekondig dat dit op ‘n unieke regshulppakket teen onwettige grondbesettings met Hurter Spies Prokureurs ooreengekom het. Die regshulppakket kom na aanleiding van ‘n landswye vlaag onwettige grondbesettings.

Ingevolge die regshulppakket sal Hurter Spies Prokureurs maatskappy- en platinumlede van Sakeliga teen sowat 40% afslag in die bekomming van ‘n dringende interdik teen onwettige grondbesetters bystaan.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, sê die regshulppakket help die publiek om teen grondbesetters op te tree indien die regering in gebreke bly: “Grondbesettings is besig om in frekwensie en skaal skerp toe te neem. Dit moet gestop word, want dit sal die hele land en ekonomie ontwrig. Uiteraard is dit in die eerste plek die regering, en in besonder president Cyril Ramaphosa, se verantwoordelikheid om hierdie vuur wat hulle aangesteek het te blus. Maar terselfdertyd kan die publiek nie arms gevou sit wanneer ‘n regering of ‘n president sy plig versuim nie. Daarom glo Sakeliga dat hierdie regshulppakket nou in die belang van sowel ons lede as die publiek is.”

Terwyl die koste van so ‘n dringende regsaksie maklik R50 000 of meer kan beloop, sal die pakket aan Sakeliga se maatskappy- en platinumlede teen ‘n vaste prys van R30 000 vir normale gevalle beskikbaar wees. Die regshulppakket dek prokureurs- en advokatekoste in die bekomming van ‘n dringende interdik teen grondbesetters in tipiese gevalle.

Le Roux sê een van die instrumente wat dikwels benodig word voordat grondbesetters verwyder kan word is ‘n dringende interdik: “Met ‘n dringende interdik teen grondbesetters kan grondeienaars makliker die hulp van private sekuriteit of die polisie inroep. Sonder die interdik word dit, veral vir privaat sekuriteit, baie moeilik om groot getalle grondbesetters te verwyder.”

Le Roux vervolg: “Sakeliga het self al meermale van die dienste van Hurter Spies Prokureurs in die bekomming van dringende interdikte teen grondbesetters gebruik gemaak. Ons het in sulke regsaksie met Hurter Spies Prokureurs se bystand nog altyd sukses gehad, en ons weet dus ook dat hulle in hierdie tipe sake oor die nodige kundigheid en ervaring beskik. Ons is bly om nou aan ons lede ‘n wyse te bied waarop hulle direk en teen gunstige tariewe van hierdie dienste gebruik kan maak.”

Die regshulppakket dek die kliënt se prokureurs- en advokatekoste in tipiese gevalle. Indien dit blyk dat daar buitengewone omstandighede, wat bykomende koste mag meebring, in ‘n spesifieke geval bestaan, sal Hurter Spies Prokureurs dit vooraf aan kliënte voorlê.

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN