Nuus > In die media > Sakeliga dien kommentaar oor 2018-konsepmynbouhandves in

Die 2018-weergawe van die konsepmynbouhandves gaan ’n ekonomies skadelike en teenproduktiewe mynbeleid in Suid-Afrika voortsit. Meer spesifiek gaan die handves heel moontlik nuwe investering in mynbou afskrik en ekonomiese ondoeltreffendheid in die mynbousektor ten koste van die breër ekonomie bevorder. Dít is die siening van die besigheidsbelange-organisasie Sakeliga nadat hulle kommentaar op die konsepmynbouhandves en die waarskynlike gevolge daarvan by die departement van minerale hulpbronne ingedien het.

Piet le Roux, hoof- uitvoerende beampte van Sakeliga, sê: “Mantashe se mynbouhandves gaan voort met ’n ekonomies skadelike mynboubeleid en dit sal heel moontlik ’n rampspoedige remmende uitwerking op nuwe mynboubeleggings hê. Deur benewens ander dwaashede voor te stel dat ’n aansienlike 10% van aandeelhouding in nuwe mynbouprojekte aan kwalifiserende werknemer- en gemeenskapskemas op ’n nie-oordraagbare gratis drabelang oorgedra word, sal die regering die risikoblootstelling vir finansiële kapitaal in mynboumaatskappye verhoog. Hierdie verhoogde risiko gaan beslis belangrike kapitaalbeleggings in nuwe mynbouprojekte beperk.”

Le Roux kritiseer die regering se voorneme – wat duidelik in die mynbouhandves en ander beleidsdokumente na vore kom – om voor te skryf hoe ondernemings hul verkrygingsrande moet aanwend. “Die mynbouhandves stipuleer veeleisende verkrygingsvereistes vir mynboumaatskappye, wat in besonderhede die breë tipes SEB-ondernemings en plaaslike verskaffers omskryf by wie mynboumaatskappy groot persentasies van hul verkrygingsprodukte en -dienste moet verkry.”

In sy voorlegging wys Sakeliga daarop dat ekonomiese doeltreffendheid vereis dat besighede die hoogste moontlike uitsette van produkte en dienste moet lewer met minimale staatsinmenging in markte. Die 2018 konsepmynbouhandves plaas volgens Sakeliga veeleisende en ekonomies skadelike regulatoriese voorskrifte op belangrike kommersiële besluite wat in die plaaslike mynbousektor geneem word.

“Ons ag hierdie dwangvoorskrifte hoogs problematies te wees en teenstrydig met die voordelige werking van vrye markte. Die regering gaan in effek verkrygingskompetisie in die mynbousektor verminder ten koste van die doeltreffendheid van mynbou-uitsette.” Le Roux gaan voort en waarsku: “Ten slegste sal die konsepmynbouhandves pagsoekery in mynbouvoorsieningskettings versterk. Soos met baie van die ANC-regering se bemagtigingsdwaashede sal dit lei tot ’n gekonsentreerde voordeel aan ’n beperkte aantal SEB-bevoordeeldes en breë ekonomiese skade weens ’n belemmerde en minder doeltreffende mynbousektor.

Sakeliga se geskrewe voorlegging aan die departement is hier beskikbaar.

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN