Inisiatiewe > Regsuksesse > Sakeliga dien PAIA-aansoeke in by 278 munisipaliteite

Die sakeorganisasie Sakeliga het Donderdag aansoeke ingevolge die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) aan al 278 munisipaliteite in Suid-Afrika beteken.

Die aansoeke sal help om vas te stel in watter mate munisipaliteite nuwe bepalings in regulasies gebruik om kontrakteurs op rassegronde van die tenderproses uit te sluit. Sakeliga onderneem hierdie proses parallel met ’n regsgeding teen die inhoud van die regulasies kragtens die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid.

Volgens Daniel du Plessis, regsontleder by Sakeliga, kan munisipaliteite en ander staatsorgane ingevolge hierdie regulasies in sekere omstandighede voorkwalifikasiekriteria vir tenders stel.

“Hierdie voorkwalifikasies word toenemend toegepas om alle maatskappye wat nie op vlak 1 of 2 aan die BSEB-vereistes voldoen nie, te verhinder om vir die verskaffing van produkte en dienste aan munisipaliteite te tender. Die gevolg daarvan is dat baie maatskappye – selfs ook sommige met ’n meerderheid swart aandeelhouding – nie met die staat sake kan doen nie.”

Daar is talle voorbeelde:

  • Mbombela Plaaslike Munisipaliteit, tender 27/2019, wat BSEB vlak 1 as ‘n voorkwalifikasie stel om te bie vir die verskaffing en verskuiwing van meubels.
  • Manguang Metro Munisipaliteit, tender MMM/BID 518: 2018/2019, wat BSEB vlak 1 as ‘n voorkwalifikasie stel om te bie vir die opgradering van strate en stormwaterinfrastruktuur.
  • Setsoto Plaaslike Munisipaliteit, tender T26 (17/18), wat BSEB vlak 1 as ‘n voorkwalifikasie stel om te bie vir die verskaffing van grootmaat elektriese materiaal.

“Sakeliga is baie besorg oor hierdie tendens. Sulke streng uitsluitings sal mededinging onvermydelik verminder – en daarmee saam sal dit lei tot hoër pryse en swakker prestasie van kontrakteurs,” sê Du Plessis.

Sakeliga het onlangs ’n oproep gedoen vir die opskorting van soortgelyke voorkwalifikasies vir tenders by Eskom en het ’n beroep op die publiek gedoen om sy memorandum by www.pickmypower.co.za te steun.

“Dit is besonder griewend in die lig van die feit dat baie van hierdie munisipaliteite reeds wanfunksioneel is. Munisipaliteite het in effek hulle eie hande vasgebind en laat dit aan inwoners oor om die gevolge te dra.

“Dit kom daarop neer dat die regering besluit het om basiese dienste op te offer ten einde sy SEB-beleid te bevorder. Dit is tyd om te herprioritiseer – en tyd om te begin om mense op werklike, tasbare maniere te bemagtig. Hierdie absolute uitsluitings moet beëindig word, en alle tenders moet oop wees vir oorweging.”

In sy aansoeke vra Sakeliga onder meer munisipale beleide oor die instelling van rasgebaseerde voorkwalifikasies en rekords van onlangse tenders wat op grond van sulke maatreëls geadverteer is.

“Ons beoog om hierdie data te gebruik om ondersoek in te stel na die mate waarin hierdie kwessie die publiek raak, asook vir ander doeleindes soos om ’n handleiding op te stel vir hoe munisipaliteite sakevriendelik kan wees,” sê Du Plessis.

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN
NUUSBRIEF