Nuus > In diepte > Sakeliga hou kommentaarwerkswinkel oor Konsepwet op Onteiening

Sakeliga het op 23 Januarie ʼn werkswinkel gehou om insette vir kommentaar te versamel op die nuwe Konsepwet op Onteiening.

Die Konsepwet is op die 21ste Desember 2018 deur die Departement van Openbare Werke beskikbaar gestel vir openbare kommentaar. Hierdie proses geskied afsonderlik van die voorgestelde wysiging van Artikel 25 (die reg tot eiendom) van die Grondwet, en is geskryf om onteiening toe te laat binne die bestek van die bestaande bewoording van hierdie artikel.

Talle kommentators en regslui, onder andere oudregter Albie Sachs van die konstitusionele hof, het voorgestel dat onteiening sonder vergoeding reeds moontlik sou wees in die konteks van die reg tot eiendom, soos verskans in die Suid-Afrikaanse grondwet en – vermoedelik – sal hierdie wetswysiging die regering toelaat om hierdie hipotese te toets.

Die Wetsvoorstel bepaal dat die vergoeding vir onteiende grond bepaal sal word na gelang van die lys faktore gelys in artikel 25(3), naamlik

  1. die huidige gebruik van die eiendom;
  2. die geskiedenis van die verkryging en gebruik van die eiendom;
  3. die markwaarde van die eiendom;
  4. die omvang van regstreekse belegging en subsidie deur die staat ten opsigte van die verkryging en voordelige kapitale verbetering van die eiendom; en
  5. die doel van die onteiening.

Gegewe dat markwaarde slegs een van bg. oorwegings is, is dit duidelik dat die regering beoog om onder markwaarde te vergoed vir onteiening in die toekoms – selfs, soos die Valueerder-Generaal al voorgestel het, tot op die punt van geen vergoeding nie.

Kommentaar kan ingedien word tot die 22 Februarie.

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN
NUUSBRIEF