Nuus > In die media > Sakeliga kry kostes van Departement vir boer onder beleg

Hof bevind Departement finansier kwaadwillige en beuselagtige saak

Die sakeorganisasie Sakeliga het ʼn Noordwes-boer bygestaan om van die regskostes te verhaal wat hy moes aangaan om ʼn kwaadwillige eis deur werkers oor beweerde verblyfregskendings af te weer. Sakeliga het uiteindelik die Departement van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling laat opdok vir die kostes aangesien die Departement die saak teen die boer sonder meriete aangehits en finansier het.

Volgens Armand Greyling, regs- en beleidsanalis by Sakeliga, is dié sakeorganisasie genader om die kostes te help verhaal. Sakeliga het besluit om ʼn aanmaning vir die kostes aan die Departement te stuur, aangesien die applikante in die saak geen bates gehad het waarop daar beslag gelê kon word nie. “Die Departement se prokureurs is boonop deur die hof oor die kole gehaal omdat hulle hierdie tipe kwaadwillige en beuselagtige eise, sonder behoorlike merietebepalings, voortgesit het. Hierdie tipe sake het dus gereeld die gevolg dat boere, soos Strydom, hulself suksesvol teen beuselagtige eise kan verweer, maar dan nie uiteindelik die kostes van die regsaksie kan verhaal nie. Hierdie finansiële las kan noodlottig wees vir talle boere, selfs al het hulle niks verkeerd gedoen nie.”

Greyling sê hy is verheug dat die Departement nou boete gedoen het vir sy vroeëre onverantwoordelike gedrag.

“Hierdie situasie is besonders en dui op die feit dat die Departement self ook moes erken dat hul fouteer het deur hierdie saak te finansier. Uiteindelik het hul bloot net hierdie werkers – wat geen regmatige eis in elk geval gehad het – in ʼn posisie geplaas het om finansiële skade aan ʼn onskuldige boer te berokken. Die departement het, in terme van die betrokke wetgewing, geen saak teen Mnr. Strydom gehad nie.”

Greyling is oortuig dat hierdie saak ook vir ander boere van hulp kan wees.

“Ander boere in soortgelyke situasies sal hierdie saak as presedent kan gebruik in hul eie eise teen die Departement. Dit is net reg en billik dat hulle, na al die onnodige swaarkry, minstens hul regskostes van die staat kan verhaal.”

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN