Inisiatiewe > Regsuksesse > Sakeliga-lede kry arbeidsregondersteuning deur LWO

Vir Sakeliga-lede is goeie en billike arbeidsverhoudinge ʼn beginselsaak. Goeie arbeidsregondersteuning is noodsaaklik om goeie arbeidsverhoudinge met personeel te handhaaf én toe te sien dat die onderneming die diens en produktiwiteit kry wat nodig is om ʼn besigheid te bedryf. Gelukkige en produktiewe werknemers help om besighede te groei en dra uiteindelik by tot ekonomiese groei in die algemeen.

Sakeliga het namens sy lede ʼn samewerkingsooreenkoms met die LWO Werkgewersorganisasie gesluit. As deel van die ooreenkoms ontvang Sakeliga-lede die volgende voordele by die LWO:

  • ʼn Gratis eerste telefoniese arbeidsregkonsultasie. Skakel 086 110 1828 (noem dat jy ʼn lid is van Sakeliga en verskaf jou ID-nommer en kontakbesonderhede sodat jou lidmaatskap bevestig kan word)
  • Afslag van 25% op die LWO se eenmalige aansluitingsfooi.
  • ʼn Maatskappybesoek met opleiding oor wat van jou as werkgewer verwag word, arbeidsregdokumentasie en hulp om die dokumentasie te implementeer
  • Uitnodigings na gratis arbeidsregwerkswinkels

Die LWO is geregistreer as werkgewersorganisasie by die Departement van Arbeid met die hoofdoel om werkgewers by te staan om aan arbeidswetgewing te voldoen. Enige werkgewer, ongeag die grootte van die onderneming, besigheidsindustrie of hoeveelheid personeel in diens, kan lid word by die LWO.  Arbeidsreg hoef nie ʼn kopseer te wees nie, die LWO maak dit maklik, eenvoudig én gebruik dit om jou besigheid te beskerm.

 

Besoek die LWO se webtuiste by www.lwo.co.za

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN
NUUSBRIEF