Nuus > In die media > Sakeliga onderneem regsaksie om Eskom-kragonderbrekings landswyd te verhoed

Die sake-organisasie, Sakeliga (voorheen bekend as AfriSake), het vandag regsaksie onderneem met die oog op ‘n oplossing wat Eskom landswyd sal verhoed om elektrisiteit na betalende eindgebruikers te onderbreek.

Met die regsaksie doen Sakeliga aansoek om as vriend van die hof toe te tree tot ‘n belangrike regsgeding deur Resilient Properties en andere teen Eskom en die Emalahleni Munisipaliteit. Die Emalahleni Munisipaliteit skuld Eskom na berigte sowat R1,6 miljard, in die lig waarvan Eskom elektrisiteit van die dorp wil weerhou. In die geding vra Resilient Properties en ander applikante egter die hof se bystand om te verhoed dat Eskom elektrisiteit na die plaaslike gemeenskap onderbreek.

Piet le Roux, uitvoerende hoof verduidelik Sakeliga se toetrede: “Sakeliga kan nie toelaat dat betalende elektrisiteitsverbruikers se krag afgesny word net omdat een staatsorgaan nie sy rekeninge aan ‘n ander staatsorgaan betaal nie. ’n Ekonomiese katastrofe is besig om in plaaslike gemeenskappe te ontvou en boonop gaan plaaslike sakelui groot koste aan om die kragonderbrekings te stop. Sakeliga tree daarom, in die belang van ‘n oorkoepelende oplossing, tot hierdie saak toe om die hof in die ontwikkeling van toepaslike nasionale beginsels by te staan.”

Le Roux vervolg: “Eskom se besluit om elektrisiteit na hierdie en ander munisipaliteite te onderbreek is voortydig en onreëlmatig. Dit is vir Eskom ‘n gerieflike illusie om te maak asof munisipaliteite sy klante is en dat hy derhalwe by magte sou wees om elektrisiteit na munisipaliteite met agterstallige skuld te onderbreek. In werklikheid is hierdie entiteite almal bloot verskillende bene van die staat, en is munisipaliteite inderwaarheid eerder invorderingsagente as wat hulle eindgebruikers is. Ons wil, as vriend van die hof, wys op statutêre bepalings vir hoe verskillende staatsorgane hul onderlinge geskille by wyse van mediasie en arbitrasie moet bylê. Natuurlik moet munisipaliteite hul rekeninge aan Eskom betaal, maar ons voer aan dat betalende eindgebruikers nie belas kan word met probleme wat tussen staatsorgane afspeel nie.”

Le Roux sê Sakeliga betreur Eskom se pogings om die relevante dispuutbeslegtingsmeganismes te omseil. In sy hofstukke voer Sakeliga daarom onder meer aan: “Eskom het nie net in gebreke gebly om die Hof om hulp te nader nie, maar ook versuim om enige alternatiewe geskilbeslegtingsprosedures te volg. Eskom se versuim loop nou daarop uit dat elektrisiteitsverbruikers hulp by die Hof moet vra – iets wat die wetgewende bepalings in gees en doel juis wou verhoed.”

Klik hier vir Sakeliga se hofstukke (betoogshoofde en eedsverklaring).

TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!