Nuus > In die media > Sakeliga: Ramaphosa se oplossing vir Eskom mis die kol

“President Cyril Ramaphosa se reaksie op die Eskom-krisis, wat as deel van die debat oor die Staatsrede verskaf is, is heeltemal ontoereikend. Die nominale ontbondeling van Eskom, sonder die oog op privatisering en sonder stappe om die mark oop te stel vir heeltemal privaat vryemarkvoorsiening van elektrisiteit, beteken dat die hele Suid-Afrikaanse ekonomie in een staatsbeheerde mandjie gehou word.

So sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, ’n onafhanklike sakegemeenskap.

Intussen het Sakeliga vandag begin met die insameling van inligting van sy meer as 12 500 lede om die impak van beurtkrag te bepaal. “Vanoggend het 35 sakeondernemings inligting oor die koste en impak van beurtkrag ingedien. Hulle het ’n geraamde gekombineerde uurlikse koste van ’n R440 000 as gevolg van beurtkrag aangedui, wat die werksekerheid van meer as 900 werknemers raak.”

Le Roux sê president Ramaphosa se besluit om Eskom in drie staatsbeheerde entiteite te verdeel – sonder die oog op privatisering – het weinig kans om die situasie te verbeter. “Regrukplanne is al voorheen aangekondig, en nie een daarvan het gewerk nie. Daar is probeer om koste te besnoei, en die teenoorgestelde het gebeur. Uiteindelik is die enigste kans vir ’n stabiele energiesituasie ’n radikale vryemarkhervorming van die Suid-Afrikaanse elektrisiteitsektor.”

Sakeondernemings wat Sakeliga se veldtog vir ’n vrye mark in elektrisiteit wil steun, kan ’n brief met inligting oor die impak van beurtkrag aan die Presidensie stuur op Sakeliga se platform www.kiesmykrag.co.za

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN
TEKEN IN OP ONS NUUSBRIEF