Nuus > In die media > Sakeliga se lakmoestoets vir Mboweni-begroting: word staatsbesteding wesenlik ingekort?

“Die lakmoestoets vir Mnr Tito Mboweni, minister van finansies, se eerste volledige begroting is of dit staatsbesteding wesenlik inkort. Drastiese besnoeiings aan staatsbesteding, gepaardgaande met planne vir die privatisering van staatsbeheerde ondernemings, is die enigste wyse waarop die fiskale krisis afgeweer kan word en die privaatsektor genoeg hulpbronne vir ware ekonomiese groei kan bekom.”

So sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, in aanloop tot Mnr. Mboweni se begrotingsrede op 20 Februarie 2019.

Vermindering van die begrotingstekort
“Ons beramings dui daarop dat ’n dringende vermindering van die begrotingstekort, tot onder R100 miljard, nodig is, op pad na ’n gebalanseerde begroting soos wat laas in 2008 gesien is,” sê Le Roux. “Dit beteken dat verdere reddingsboeie vir bankrot staatsinstellings eenvoudig nie die regte stap is nie – die oplossing is dringende privatisering en besnoeiing.”

Die benarde posisie van die fiskus
Le Roux benadruk die benarde posisie van die fiskus: “Die staat ervaar ernstige fiskale druk. Die tydelike beweegruimte wat hoë belastinginkomste in die jare voor die finansiële krisis van 2008/9 gebied het, is nou uitgeput (figuur 1). Selfs sonder die groot items wat nie op die regering se balansstaat ingesluit is nie, soos staatswaarborge vir staatsinstellings (soos Eskom) se skuld, het die staat in die afgelope dekade elke jaar tussen R100 miljard en bykans R300 miljard se skuld aangegaan (figuur 2). Om die fiskale krisis af te bestuur sal Mnr. Mboweni ’n plan moet voorlê om die begrotingstekort tot ten minste onder R100 miljard per jaar te bring – dit wil sê tot pre-2012-vlakke.”

“Toe Mnr. Mboweni sy amp verlede jaar aanvaar het, het Sakeliga vyf vrae identifiseer aan die hand waarvan die begroting beoordeel kan word. Met die byvoeging van ’n sesde, is dit steeds vir ons kritieke vrae om te vra,” sê Le Roux.

Die vrae sluit in:

  1. Is daar enige openlike erkenning van die onvolhoubaarheid van die begrotingstekort en ’n geloofwaardige, beduidende plan om dit in die volgende fiskale jaar ten minste tot minder as R100 miljard te verminder?
  1. Gaan daar belastingverhogings of -verligting wees? Hoe meer belasting, hoe minder kans op ekonomiese groei.
  1. Is daar ’n konserwatiewe verwagting ten opsigte van belastinginkomste en ’n erkenning dat plaaslike en internasionale ekonomiese kragte kan meebring dat inkomstevoorspellings die voorsienbare toekoms te optimisties kan wees?
  1. Word ’n wesenlike mate van privatisering van staatsbeheerde ondernemings beoog, in plaas van finansiële reddingsboeie wat slegs tydelike gate toestop?
  1. Dui die begroting daarop dat die Ramaphosa-administrasie oor die bereidwilligheid beskik om die grootte en omvang van die staat te verklein?
  1. Is die regering bereid om, in die lig van die benarde fiskale situasie, ten minste te wag voordat hulle ander skadelike staatsinmengingsplanne implementeer, wat groot besteding vereis en omvattende risiko’s vir die publiek en sakelui inhou (soos die voorgestelde nasionale gesondheidsversekeringskema, verpligte beleggings vir pensioenfondse, die nasionalisering van die Reserwebank, die oprigting van ‘n staatsbank, en dies meer).

Grafieke ter toeligting van die graad van die fiskale krisis en die begrotingstekort word hierby ingesluit.

Figuur 1: Aanwyser van Suid-Afrikaanse fiskale stres 

Figuur 2: Aanwyser van Suid-Afrikaanse nasionale begrotingstekort

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN