Nuus > In die media > Sakeliga steun Solidariteit oor rasseuitsluiting

Sakeondernemings word dubbeld deur uitsluitbeleide getref – Sakeliga

Die sakeorganisasie Sakeliga het vandag sy steun vir Solidariteit se teenstand teen ʼn rasbaseerde ekonomie uitgespreek en rassewetgewing as een van die grootste struikelblokke vir almal in Suid-Afrika se waardigheid en welvaart bestempel.

Die vakbond Solidariteit het vandag ʼn staptog in Sandton onderneem in protes teen die uitsluiting van wit werknemers uit ʼn Sasol-personeelaandeleskema op grond van hul ras.

“Sakeondernemings, net soos werknemers, word op verskeie vlakke deur rasseuitsluiting getref,” sê Piet Le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga. “Sakeondernemings word toenemend gedwing om rassekwotas na te kom ten opsigte van indiensneming, aandeelhouding, welwillendheid, sakevennote en vele meer. Daar is ʼn web van Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) wat al stywer gespan word en nes die Sasol-werknemers, word meer en meer sakeondernemings weens SEB van ekonomiese aktiwiteite uitgesluit.

Le Roux vervolg: “Regstellendeaksie- en SEB-beleide is op die oog af bedoel om swart mense te bevoordeel, al is dit ten koste van wit mense. Die realiteit is dat dit nie eens hierin slaag nie. Dit skep verdeling tussen kollegas en vennote langs rasselyne, dit rig ekonomiese skade aan omdat dit nie met die werklikheid tred hou nie en dit maak inbreuk op menswaardigheid. Groot ondernemings vind soms nog maniere om die regulasies toe te pas, maar klein- en mediumgrootte ondernemings word daadwerklik belemmer in hulle pogings om rykdom te skep en goedere en dienste te lewer aan almal in Suid-Afrika. So lei álmal skade – ook swart mense – selfs al is hierdie beleide op die oog af teen wit mense gerig.”

“Die regering se toenemend rasgebaseerde beleidsrigtings, wat voor die voet op maatskappye en werknemers in Suid-Afrika afgedwing word, moet teengewerk word. Sodanige teenkanting is van wesenlike belang vir almal in die land,” sluit Le Roux af.

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN