Nuus > In die media > Sakeliga verwelkom buitelandse regerings se waarskuwings oor korrupsie en BEE

Die selfstandige sakegemeenskap Sakeliga verwelkom die memorandum oor korrupsie, Swart Ekonomiese Bemagtiging (BEE), en ander bedreigings vir die regsorde en belegging in Suid-Afrika, soos na berigte deur leidende lande aan president Cyril Ramaphosa gestuur. Die lande sluit in die Verenigde State, die Verenigde Koninkryk, Duitsland, Nederland en Switserland.

“Dit is duidelik dat buitelandse beleggers en regerings van voorste lande diep bekommerd bly oor Suid-Afrika as ‘n beleggingsbestemming, nieteenstaande die beste versekeringe van president Ramaphosa. Die bereidwilligheid van hierdie lande se regerings om druk toe te pas is bemoedigend,” sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga.

“Soos binnelandse beleggers glo hul buitelandse eweknieë nie die narratief dat die ontstellende pad waarop Suid-Afrika tans is eenvoudig die gevolg van nege ongelukkige jare is, en dat ‘n verandering in leierskap van die ANC die land laat omdraai het nie. Ons wil konkrete vordering sien ten opsigte van korrupsie-uitroeiing op die hoogste vlakke, en in die terugrol van vernietigende staatsinmenging – met beleide soos BEE – in die ekonomie,” vervolg Le Roux.

“Sakeliga sal voortgaan om hom vir ‘n konstitusionele orde en ‘n vrye ekonomie in Suid-Afrika te beywer, en ons verwelkom alle pogings van regerings en beleggers beide plaaslik en buitelands om dieselfde te doen,” sluit Le Roux af.

*Met meer as 12 000 lede versprei oor alle sektore van die ekonomie is Sakeliga een van die grootste sakeorganisasies in Suid-Afrika.

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN
NUUSBRIEF