Nuus > In die media > Sakeliga verwelkom tekens van hervorming in die Suid-Afrikaanse elektrisiteitsmark

Sakeliga verwelkom die minister van energie, Jeff Radebe, se besluit om die pad oop te stel vir die privaatsektor om moontlik elektrisiteit aan die kragnetwerk te verskaf. Dit volg na sy besluit om NERSA toe te laat om lisensies vir ‘n aantal aansoeke uit te reik sonder om te wag vir afhandeling van die nuwe Geïntegreerde Hulpbronplan.

“Daar moet egter nog baie gedoen word. Die bal is in NERSA se baan om daardie aansoeke spoedig goed te keur. Verder is daar nog baie burokratiese rompslomp wat vrye toegang tot die elektrisiteitsmark steeds belemmer,” is die mening van Daniel du Plessis, regsontleder by Sakeliga.

Sakeliga is van mening dat die minister heeltemal korrek is met sy stelling dat die tradisionele model van elektrisiteitsvoorsiening nie vir Suid-Afrika se huidige situasie geskik is nie. Die organisasie herhaal dus sy oproep vir ’n verspreide netwerk van privaat opwekkers van elektrisiteit.

“Die werklike toets lê nog voor – sal die minister en die reguleerder, in die eerste plek, die bestaande regulasies ten volle gebruik om toetrede tot die mark so maklik as moontlik te maak? Tweedens, sal die parlement en die minister stappe doen om ernstige probleme uit te skakel rakende die huidige strukturering van die Wet op Elektrisiteitsregulering en die gepaardgaande regulasies?”

Sakeliga het hom ook uitgespreek teen die Presidensie se klaarblyklike onbereidwilligheid om markkragte toe te laat om in die elektrisiteitsektor te funksioneer. Die President het Woensdag op die Goldman Sachs-beleggingskonferensie herhaal dat hy tot ’n staatsbeheerde kragopwekkingsmaatskappy verbind is.

“President Ramaphosa se verklaarde voorneme om ESKOM nooit te privatiseer nie, is nie goeie nuus vir ’n privaat en lewenskragtige elektrisiteitsnetwerk nie. Dit behoort ’n bron van ernstige kommer wees vir almal wat steeds gyselaar gehou word deur staats-voorsiende krag,” sê Du Plessis.

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN
TEKEN IN OP ONS NUUSBRIEF