Nuus > In die media > Sakeliga vra regspan om implikasies van BBSEB-kommissie se Eskom-beslissing te oorweeg

Sakeliga neem kennis van die onlangse beslissing deur die BBSEB-kommissie oor ’n multimiljardrandkontrak wat deur Eskom toegeken is. In sy bevinding beveel die kommissie aan dat ’n R4 miljard-kontrak wat Eskom aan Dongfang Electric Corporation Limited toegeken het, gekanselleer word.  

Sakeliga het sy regspan opdrag gegee om die beslissing te evalueer met die oog op die breër implikasies daarvan asook enige uitwerking wat dit moontlik kan hê op hierdie sakeorganisasie se hangende litigasie om rasgebaseerde vooraf diskwalifikasie van voornemende kontrakteurs by staatsbeheerde ondernemings teen te staan.  

Sakeliga is tans besig met litigasie met die Departement van Openbare Werke om regulasies wat rasgebaseerde vooraf diskwalifikasie van voornemende kontrakteurs moontlik maak, tersyde te laat stel. Die regulasies, wat in 2017 aangeneem is, laat tans staatsbeheerde ondernemings soos Eskom toe om hulle eie diskresionêre en arbitrêre minimum SEB-vereistes te stel waaraan ’n kontrakteur moet voldoen as hy met Eskom wil sake doen. As ’n voornemende kontrakteur nie 51% in swart besit is nie, word hy in hierdie stadium dikwels vooraf deur Eskom gediskwalifiseer om werk vir hierdie staatsbeheerde onderneming te doen. Dit gebeur sonder om eers sy voorstelle te oorweeg.  

“Dit is ’n praktyk,” sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, “wat – in ’n kritieke tyd vir die ekonomie – elektrisiteitsverbruikers in Suid-Afrika uitsluit van die volle verskeidenheid kostedoeltreffende kundigheid wat op die mark beskikbaar is. Op die ou einde verloor verbruikers en belastingbetalers, want die verkeerde norm word toegepas. Tenders moet toegeken word volgens waarde vir geld vir verbruikers (en belastingbetalers), nie volgens die ras van ’n kontrakteur se aandeelhouers of die vermoë van ’n kontrakteur om spesiale behandeling te kry nie.” 

Le Roux sluit af: “Die beslissing deur die BBSEB-kommissie laat ernstige vrae ontstaan oor die toepassing en impak van SEB by staatsbeheerde ondernemings. In hierdie geval toon die beslissing hoe Eskom se tenderkomitee, ten beste nalatiglik of ten ergste bedrieglik, SEB-kriteria selektief toegepas het om sommige kontrakteurs te diskwalifiseer, en terselfdertyd reëls verontagsaam het om ‘n tender aan Dongfang Electric Corporation toe te ken.” 

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN
NUUSBRIEF