Nuus > In die media > Sakeliga vries BLF-bankrekening ná grondgryp-interdik

Die sakeorganisasie Sakeliga het Black First Land First (BLF) se bankrekening laat vries nadat die BLF in gebreke gebly het om ʼn kostebevel wat in Desember verlede jaar teen hulle gemaak is, na te kom.

Die kostebevel spruit uit ʼn interdik wat aan Sakeliga toegestaan is, toe die hooggeregshof in Pretoria die BLF en sy leiers Andile Mngxitama en Zanele Lwana verbied het om die publiek tot grondgrype aan te hits.

“Sakeliga beoog om R68 000 se regskostes van BLF te verhaal en sal die gelde aanwend ter finansiering van Grondgryp911. Grondgryp911 is ʼn platform om grondbesettings te help stuit. Dit bemagtig grondeienaars met inligting, regshulp, en eiendomsrekords vanaf die landmeter-generaal, ten einde voor te berei of op te tree teen onwettige grondbesetters,” sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga.

Le Roux sê dit is belangrik dat ekstremistiese, randorganisasies soos BLF nie toegelaat word om sakebelange, persoonlike belange of die openbare belang met kriminele optrede te skaad nie. “Aanhitsing tot grondbesettings is kriminele gedrag en sou – as dit eenmaal posvat – ‘n rampspoedige uitkringeffek hê. Daarom behoort sulke gedrag in die kiem gesmoor te word. Ons neem kennis dat die BLF blykbaar hierdie geld wou gebruik om vir die verkiesing van 2019 te registreer, maar gaan nie afsien van ons verhaling van die koste nie. As BLF hom van kriminele gedrag weerhou het, het hy nie nou hierdie geld verloor nie.”

Sluit aan by Sakeliga om hierdie tipe aksies in die toekoms te steun. 

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN