Nuus > In die media > Sakeliga: Wetsontwerp op Gelyke Indiensneming baan die weg vir maatskappykaping deur die Staat

Sakeliga het vandag kritiek uitgespreek op kwaai strawwe, onbuigsame rasseteikens en growwe inmenging in die werksmark wat in die onlangse Wysigingswetsontwerp op Gelyke Indiensneming beoog word. Die Wetsontwerp is deur die Departement van Arbeid vir kommentaar gepubliseer.

“Die Wysigingswetsontwerp op Gelyke Indiensneming van 2018 sal aan die Minister van Arbeid drakoniese beheer oor die arbeidsmark gee in belangrike sektore en beroepsvlakke. Dit sal ook strenger strawwe vir nievoldoening aan maatskappye oplê. Dit kom daarop neer dat die staat privaat maatskappye kaap vir die ANC-regering se antimarkbenadering tot bemagtiging,” sê Gerhard van Onselen, Senior Ontleder by Sakeliga.

In sy voorlegging aan die Departement van Arbeid merk Sakeliga op dat die Wetsontwerp armoedeverligting deur indiensneming en arbeidsmarkdoeltreffendheid waarskynlik sal belemmer. Die Wetsontwerp beoog om dit vir die regering moontlik te maak om nuwe en onbuigsame teikens vir rassetransformasie te stel en af te dwing.

“Die Wetsontwerp sal die koste en risiko’s van die indiensneming van mense te verhoog en die ekonomie verder in die rigting van ’n ondoeltreffende anti-mark staatsbeplande burokrasie  laat beweeg. Dit sal Suid-Afrikaners se vermoë om hulself uit armoede uit te werk, dramaties verswak. Die Ministerie van Arbeid se klaarblyklike doelwitte van harde numeriese teikens vir indiensneming en strenger afdwinging sal bydra tot die knellende en toenemend sakeonvriendelike regulatoriese struikelblokke vir werkskepping en ekonomiese vooruitgang,” sê Van Onselen.

Daniel du Plessis, Regsontleder by Sakeliga, sê die voorgestelde wysigings sal maatskappye dwing om sertifikate van die Minister te kry voordat hulle enige sake met die staat en geassosieerde entiteite mag doen. “Vir sommige ondernemings, wat grotendeels of in geheel op sake met die staat aangewese is maar wat geag word nie aan die vereistes te voldoen nie, kan dit lei tot ’n algehele verbod op sake met die staat, wat die ondernemings se ondergang kan meebring.”

Die Wetsontwerp beoog ook drastiese veranderings aan gevestigde instellings in die Suid-Afrikaanse arbeidsreg. Na die wetswysiging sal maatskappye de facto vir 12 maande verbied word om met die staat sake te doen indien daar in sekere arbeidsgeskille teen hulle bevind word. Dit beteken baie ondernemings sal op ’n byna daaglikse basis die risiko loop om hulle sertifisering te verloor. Die gevolglike verlies van inkomste sal onvermydelik lei tot afleggings – en die verdere verdieping van die Suid-Afrikaanse werkloosheidskrisis.

Du Plessis voeg by dat die voorgestelde wysigings ook dreig om die funksionering van die KVBA self te ondermyn. “Die Wetsontwerp beoog ’n heeltemal ander rol vir die KVBA as wat oorspronklik bedoel is. Arbiters sal nou by magte wees om in effek ’n verbod van 12 maande om met die staat sake te doen, op werkgewers plaas. Ongeag wat die Minister met hierdie bepaling beoog, dit sal waarskynlik arbeidsverrigtinge uitrek en op die ou einde sowel werkgewers as werknemers benadeel,” sê Du Plessis.

“Internasionale liggame soos die Europese Unie en die Internasionale Monetêre Fonds het onlangs kommer oor oormatige regulering van die Suid-Afrikaanse ekonomie laat blyk, en dit sal dus die verstand te bowe gaan as minister Oliphant sou voortgaan om op verdere en strenger staatsbeheer van hierdie omvang oor die arbeidsmark aan te dring,” sê Van Onselen.

Sakeliga se kommentaar op die wetsontwerp is beskikbaar by die volgende skakel.

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN