Nuus > In die media > Sakeliga wil verbod op onwettige kragonderbrekings in Hoogste Hof van Appèl bevestig

Die sakeorganisasie Sakeliga gaan die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein nader om die uitspraak wat Eskom belet om elektrisiteitvoorsiening aan wanbetalende munisipaliteite te onderbreek, te handhaaf. Op 7 Maart 2019 het die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria ten gunste van Sakeliga, wat as ’n amicus curiae toegelaat is tot die verrigtinge deur Resilient Properties teen Eskom, bevind dat die kragreus eers alle remedies tot sy beskikking ingevolge die Intergovernmental Relations Framework Act, Wet 13 van 2005, moet uitput voordat hy kragvoorsiening aan ’n wanbetalende munisipaliteit onderbreek.

Versuim deur ’n munisipaliteit om te betaal vir elektrisiteit wat deur Eskom verskaf is, terwyl die munisipaliteit se inwoners vir sulke dienste betaal het soos gefaktureer, kom neer op ’n tussenowerheidsgeskil wat ooreenkomstig die Wet hanteer moet word eerder as dat Eskom kragvoorsiening arbitrêr onderbreek as ’n skuldinvorderingsmaatreël om munisipaliteite te dwing om te betaal. ’n Appèl is verlede week toegestaan ten gunste van Resilient Properties, wat verder wil gaan en sulke onderbreking ongrondwetlik wil laat verklaar. Sakeliga bly ’n amicus tot die verrigtinge om te verseker dat die vordering wat reeds in hierdie aangeleentheid teen Eskom gemaak is, steeds afgedwing en bevestig word deur die Hoogste Hof van Appèl.

“Ons is vol vertroue dat ons argumente in die Hooggeregshof op appèl deur die Hoogste Hof van Appèl bevestig sal word, naamlik dat Eskom eers alle remedies tot sy beskikking moet uitput wanneer ’n tussenowerheidsgeskil van hierdie aard ontstaan. Dit is in belang van sowel geregtigheid as Suid-Afrika as geheel dat duidelikheid gegee word oor hoe Eskom teen wanbetalende munisipaliteite kan en moet optree terwyl inwoners van sulke munisipaliteite getrou hulle rekeninge betaal vir hulle elektrisiteitsverbruik. Selfs al misluk Resilient Properties met hulle grondwetlike argumente op hierdie vrae, behoort Sakeliga se argumente vir ’n oplossing binne die bestaande wetsraamwerk bevestig te word,” sê Armand Greyling, Regspraktisyn vir Sakeliga.

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN
NUUSBRIEF