Nuus > In die media > Sakelui en verbruikers betaal weer vir Eskom-foute

Sakeliga het vandag sy kommer uitgespreek oor Nersa se aankondiging van, effektief, ‘n 13.8%-verhoging in kragtariewe in 2019. Nersa se 9.4%-verhoging op kragtariewe sal saam met ‘n 4.4%-verhoging met betrekking tot die regulatoriese aansuiweringsrekening (RAR) ingestel word. Hierdie kragtariefverhogings sal na verwagting 1 April vanjaar in werking tree.

Sakeliga is bekommerd dat die goedgekeurde verhoging, hoewel minder as waarvoor Eskom aanvanklik aansoek gedoen het, Eskom steeds sal toelaat om vol te hou met sy gebrekkige besigheidsmodel terwyl sakelui, verbruikers en belastingbetalers die koste dra. “Uiteindelik beteken hierdie besluit dat besighede en gebruikers sal betaal vir die klaarblyklike korrupsie, diep gevestigde ondoeltreffendheid en strategiese foute wat die instelling tans kniehalter. Verder, deur vir Eskom in ‘n voorkeur-posisie in die elektrisiteitsmark te verskans, vertraag dit die ontwikkeling van gedesentraliseerde privaat-oplossings vir ‘n elektrisiteitskrisis wat besig is om tot ‘n spits gedryf te word,” sê Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga.

Sakeliga meen die reguleerder voer ‘n verlore stryd. “Pogings om Eskom se besteding in te perk deur middel van prysvasstelling is, in die afwesigheid van goed funksionerende markte, ‘n onbegonne taak. Eskom se staatsgevestigde monopolie beteken dat verbruikers sal betaal vir die beplanningsfoute en nalatigheid van regeringsburokrasieë, hetsy deur tariefverhogings, belasting of verspilde ekonomiese geleenthede,” sê Daniel du Plessis, regsontleder by Sakeliga.

Sakeliga sê dat, hoewel President Ramaphosa se voorgenome opdeel van Eskom in drie afdelings, soos uiteengesit word in die Tesourie se Nasionale Begrotingsoorsig, dalk ‘n stap in die regte rigting kan wees, dit te bevraagteken is of die proses maklik of eenvoudig sal wees. Die gevaar is dat Eskom se beoogde herstrukturering tot blote politieke speletjies verwater.

“Sonder ‘n werklike oopstel van die elektrisiteitsmark aan ware, direkte private deelname, deur die mark te bevry, deregulering en regshervorming, is daar min wat gedoen kan word om werklik die situasie te verbeter,” sluit Van Onselen af.

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN