Inisiatiewe > Funksies > Sakeontbyt: Internasionale handelsgeleenthede en begin van ‘n besigheid in Nederland en Europa

Wil jy meer weet van handelsgeleenthede met Nederlandse en Europese maatskappye? Stel jy belang in hoe internasionale korporatiewe strukturering jou onderneming se politieke risiko’s kan beperk? Wil jy kontraktering vir Nederlandse maatskappye doen? Stel jy belang in tegnologiese ontwikkelings en ekonomiese verwikkelinge in Nederland en Europa?

Sakeliga nooi sy lede en ander sakelui na ’n eksklusiewe aanbieding en netwerkgeleentheid met ’n senior afvaardiging van Oost NL, ’n gevestigde ontwikkelingsagentskap in Nederland. Oost NL is sedert 2018 aktief gerig op handelsbande met Suid-Afrikaanse ondernemings en het reeds talle suksesvolle handels- en beleggingsprojekte met plaaslike maatskappye ondersteun.

Datum: Woensdag, 27 Februarie 2019
Tyd: 07:30 – 12:00
Plek: Sakeliga, Gerhardstraat 109, Centurion
Koste: Sakeliga-lede R100; nie-lede R200
RSVP: diens@sakeliga.co.za

Sprekers

  • Bernold Kemperink, Visepresident Agrivoedsel, Tegnologie en Energie en Bestuurder Suid-Afrika-kantoor by Oost NL
  • Fons de Zeeuw, Sake-eenheidbestuurder Internasionaal by Oost NL

Meer oor die sprekers

Bernold Kemperink

Bernold Kemperink: Oor die afgelope 30 jaar het Bernold Kemperink uitgebreide bestuursondervinding opgebou in die vestiging van nuwe sake- en bemarkings-konsepte in die wetenskap- en sakesektore. Hy het kantoorfasiliteite en konsepte vir Multec Engineering geskep. In 1995 het hy Brunel Energy gestig, wat gegroei het tot ’n multi-nasionale maatskappy met kantore in Arnhem, Rotterdam, Glasgow, Aberdeen, Houston, Singapoer, Miri (Maleisië) en Perth. In sy huidige posisie by die Ontwikkelingsagentskap Oos-Nederland is hy sedert 2001 verantwoordelik vir alle beleggings- en internasionale makelaars-aktiwiteite. Sedert die begin van 2004 is hy intiem betrokke by die vestiging van verskeie innovasiegroeperings. Voorts was hy lid van die Professionele Advieskomitee van die Universiteit Arnhem Nijmegen en intiem betrokke by die ontwikkeling van die Master International Business-fakulteit en die Bachelor IBMS-fakulteit. Hy is ook sterk betrokke by die vestiging van die wêreldwye diens-, herstel- en terugstuur-logistiekgemeenskap vir webwinkels in Europa. <LinkedIn-profiel>

Fons de Zeeuw

Fons de Zeeuw: Fons is ’n ervare bestuurder/direkteur wat gewoond is aan werk in internasionale opsette. Hy was al in diens van organisasies in die openbare sektor, die niewinssektor en – vir die langste tyd – die privaat sektor (Berenschot). Die gemeenskaplike temas in die verskillende poste tydens sy loopbaan is natuurlik internasionale projekontwikkeling en internasionale sake-ontwikkeling. Hy is ook gewoond aan optrede as lid van toesighoudende liggame, onder andere vir ontwikkelingsorganisasies. <LinkedIn-profiel>

Meer oor Oost NL

Oost NL is ’n ontwikkelingsagentskap in Nederland wat gemik is op die bevordering van internasionale handel en belegging. Ons bied 125 deskundiges wat maatskappye en institute in vyf belangrike hoëtegnologiesektore ondersteun: Agrivoedsel, Hoëtegnologiestelsels en -materiale, Lewenswetenskappe, Skoon Tegnologie en Energie en Logistiek. Ons investeer ook in KMO-maatskappye en beginnerondernemings met ’n minimumbelang of lening. Ons het ’n minimumbelang in 175 maatskappye. Voorts is ons aktief betrokke by baie EU-subsidieprogramme en beleggingsfondse.

 

Oos-Nederland is bekend vir sy tegnologiesake-ekosisteme soos Voedselvallei, Gesondheidsvallei, Tegnologievallei en Logistiekvallei, wat rondom die groot universiteite gevestig is. Hierdie ekosisteme het ’n sterk fokus op nuweprodukontwikkeling, kostebesparende tegnologieë en internasionalisering. Ons as ontwikkelingsagentskap is die stigters van hierdie suksesvolle ekosisteme en groeporganisasies wat ’n belangrike rol speel om SA maatskappye met die regte eweknieë in verbinding te stel.

 

Sedert 2018 is Suid-Afrika een van ons fokuslande om oorsese sake te bevorder. Met die steun van ons ministerie van ekonomiese sake en die provinsies Gelderland en Overijssel, wat aandeelhouers in ons agentskap is, steun ons Nederlandse en SA maatskappye (kosteloos) in:

  • Internasionale kennisoordrag tussen Nederland en SA
  • Toegang tot nuwe innovasies en tegnologieë
  • Uitkontraktering van Nederlandse aktiwiteite aan SA maatskappye
  • Vestiging van ondernemings in Nederland
  • Internasionale handel, toetrede tot die Europese mark
  • Inligting oor Nederlandse regs-, belasting- en finansiële kwessies, logistiek en pakhuisbedryf

Sedert die middel van 2018 het ons al talle suksesvolle handels- en beleggingsprojekte met SA maatskappye gesteun, insluitende Hydroclimaponics, USN, SAB Miller, Aligne IT services, Phagespecialist, Eyegym, 360 supplements, CT-LAB, Corefocus, Bidvest Group, Eden Green, Dimension Data, Eskort en Vector f’s.

 

Ons mikpunt:

  • SA maatskappye te ontmoet wat in Nederland/Europa sake wil doen of meer wil weet oor hoe om ’n besigheid in Nederland te vestig (deur insigte te verskaf oor koste, belasting, regskwessies soos werkpermitte, ens)
  • Om SA maatskappye te ontmoet wat aktiwiteite van Nederlandse maatskappye kan inkontrakteer
  • Om insig te gee oor ekonomiese tendense en ontwikkelings in Europa (bv die impak van Brexit)
  • Om ’n oorsig te gee van tegnologie-ontwikkelings op die gebied van agrivoedsel, e-mobiliteit, afval- en waterbestuur, lewenswetenskappe, hoëtegnologiestelsels en -materiale.
Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN