Voordele van ons gemeenskap

Sakeliga-lidmaatskap is ontwerp vir sakelui in die algemeen, maar spesifiek vir eienaars van klein- en mediumsakeondernemings wat al meer deur skadelike regeringsbeleide verdruk word. Sakeliga tree op verskeie vlakke in belang van die sakegemeenskap op. Sakeliga-lede sluit aan vir wat die vir die hele gemeenskap beteken, maar baat beslis ook baie by die spesiale aanbiedings wat onderling aan mekaar gebied word. 

Politieke- en beleidsvlak

Sakeliga maak van die beste beleid- en regskenners gebruik om namens ons lede kommentaar te lewer oor die impak van wetgewing en beleide op die sakegemeenskap en die ekonomie.

Regsaksie

Sakeliga pak groot hofsake in belang van sy lede. ‘n Tipiese voorbeeld is hofbevele teen Eskom om kragonderbrekings te verhoed weens munisipale wanbetalings. Sakegemeenskappe kan nie gestraf word vir wanpresterende munisipaliteite nie.

Vennootskapvoordele en sakenetwerke

Sakeliga-lede besef die waarde van sakenetwerke. Sakeliga hou gereeld funksies en is besig om ‘n omvattende plaaslike sakekamerstrategie uit te rol om plaaslike sakegemeenskappe te versterk. Verder werk Sakeliga ook aan ‘n aanlynplatform, Sakeplein, waar hierdie verskillende sakegemeenskappe aanlyn met mekaar verbind kan word. Sakeliga-lede bied aan mekaar fantastiese spesiale aanbiedings.

Ledevoordele uit ons netwerk

Sakeliga het unieke voordele en spesiale aanbiedings met uitgekiesde Platinum-lede onderhandel. Dit word aangebied deur Sakeliga-lede, vir Sakeliga-lede.

Om sake te doen sonder om te adverteer is soos om vir iemand in die donker oog te knip. Naas jou, gaan niemand weet waarmee jy besig is nie.

Sakeliga het ‘n samewerkingsooreenkoms met PretoriaFM onderhandel. Die radiostasie bied aan sakelede by Sakeliga eksklusiewe afslagpakette.

Maak PretoriaFM jou radiovennoot.

Die raad van ‘n kundige prokureur gee gemoedsrus.

Legalex bied regsversekering  teen verlaagde tariewe vir besighede van sakelede van Sakeliga. Sakeliga-lede kry, benewens omvattende dekking en advies boonop R30 000 dekking vir die regskoste van ‘n afsettingsbevel as deel van Sakeliga se GrondGryp911-voordeel.

Kry ‘n regspan aan jou kant.

Wenspanne presteer omdat hulle op die ondervinding van ‘n afrigter kan staatmaak om hulle na die volgende vlak te neem. 

Sakeliga beveel ActionCoach Fergusmor aan. Sakelede van Sakeliga ontvang 25%-afslag op afrigtingsfooie en die eerste konsultasie is gratis.

Maak ActionCoach Fergusmor jou strategiese raadgewer.

Kry raad om jou personeel reg en billik te bestuur sodat hulle jou grootste bate kan bly.  

Sakeliga het ‘n samewerkingsooreenkoms met die LWO Werkgewersorganisasie gesluit. Sakelede van Sakeliga ontvang 20%-afslag op die LWO se eenmalige registrasiefooi. Verskeie maandelikse pakette beskikbaar.

Maak PretoriaFM jou radiovennoot.

Jou besigheid is jou brood en botter, maar jou taal is jou hartstog. Virseker sien toe dat jy nie tussen die twee hoef te kies nie.

Virseker bied dekking in Afrikaans vir meer as 700 besigheidstipes. ‘n Gedeelte van jou premie gaan na die Virseker Trust om Afrikaanse onderrig te ondersteun. Saam verseker ons Afrikaans.

Kry gemoedsrus in Afrikaans.

Om internasionale inkomstestrome te skep is die enigste manier om jou besigheid staatsbestand te maak.

Currency Assist gee vir Sakeliga-lede eksklusiewe afslagfooie vir valutatransaksies. Kry hulp om jou sake in orde te kry.

Maak ‘n gratis afspraak.

Met jou handelsmerk op die kassie, kan jy in jou kliënt se sitkamer kuier!

Sakelede van Sakeliga ontvang 10%-afslag om op OntbytSake op kykNET te verskyn. Die insetsel is nie ‘n “advertensie” nie, maar ‘n volledige bekendstellingsvideo, wat jy na die tyd ontvang om verder in jou bemarking aan te wend.  

Maak jou buiging op die kassie.

Spesiale aanbiedings deur Platinum-lede

Sakeliga se Platinum-lede dra die meeste by tot ons selfstandige sakegemeenskap. Hulle bydraes versterk ons regsfonds en help ons om elke jaar nagenoeg twintig studente in besigheidsrigtings te laat studeer. Hulle bied boonop dikwels eksklusiewe spesiale aanbiedings aan ander lede in die Sakeliga Netwerk. 

Lys jou eie spesiale aanbieding