Inisiatiewe > Funksies > Spitsberaad vir organisasies teen onteiening sonder vergoeding

Die sakeorganisasie Sakeliga het vandag ‘n opvolg-spitsberaad vir organisasies gekant teen onteiening sonder vergoeding aangekondig. Die spitsberaad word op kort kennisgewing gereël om plaas te vind op 5 Desember, die dag nadat die Parlement die aanbeveling van die Grondwetlikehersieningskomitee debatteer.

Veertien van die vernaamste organisasies gekant teen onteiening sonder vergoeding – insluitende nie-regeringsorganisasies en politieke partye – het reeds, nieteenstaande kort kennisgewing en ‘n druk jaareindprogram, deelname bevestig.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, sê die doel van die beraad is om die jongste verwikkelinge oor onteiening en ‘n grondwetwysiging te bespreek en standpunte te stel: “Noudat die Grondwetlikehersieningskomitee ‘n wysiging van die Grondwet aanbeveel het gaan die Parlement die aanbevelings debatteer en dan op grond daarvan voortgaan. Dit lui ‘n nuwe fase in die debat oor onteiening sonder vergoeding in. Daarom is dit gepas dat organisasies wat tydens die vorige fase hul teenstand teen die Grondwet-verandering uitgespreek het nou weer byeenkom om die verwikkelinge te bespreek.”

Die spitsberaad van 5 Desember sal die tweede spitsberaad vanjaar vir organisasies gekant teen onteiening sonder vergoeding wees. Sakeliga was op 6 Maart vanjaar die gasheer vir die eerste spitsberaad. Meer as ‘n dosyn organisasies het toe binne ‘n week nadat die aanvanklike mosie oor onteiening sonder vergoeding in die Parlement aanvaar is bymekaar gekom en die saak indringend bespreek.

Die volgende veertien organisasies het voorlopig bywoning op 5 Desember bevestig: ACDP; AfriForum; Afrikanerbond; AgriSA; Cope; DA; Dear South Africa; FW de Klerk Stigting; Johannesburgse Prokureursvereniging; Sakeliga; Solidariteit; TLU SA; VF+; Vryemarkstigting. Verdere bevestigings word ingewag.

Die spitsberaad is oop vir genooide deelnemers, genooide waarnemers en lede van die media. Organisasies en ander belanghebbendes wat ook die spitsberaad wil bywoon word versoek om Sakeliga te kontak deur ‘n e-pos na diens@sakeliga.co.za te stuur

Lede van die media kan bywoning bevestig by media@sakeliga.co.za

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN