Inisiatiewe > Regsuksesse > Stygings in die goudprys laat ontleders regop sit – Sakeliga-grafieke

Onlangse stygings in die prys van goud is besig om aandag te trek en die markte hou hierdie verwikkelinge fyn dop.

Sakeliga het in April 2019, in samewerking met ETM Macro Advisors ons eerste Ekonomiese Oorsig Vir Sakebesluitnemers vir 2019 vrygestel. Goud was ‘n onderwerp in die verslag waarin gewys is dat die prys van goud vir ‘n geruime sedert 2016 in ‘n driehoekpatroon (‘n ‘tegniese grafieke-aanwyser’) vasgevang was.

Dié driehoekpatroon word hieronder gedupliseer saam met die verdere beweging van die goudprys sedert April 2019, soos gemeet in VSA dollar. “Die volgende groot beweging in goud” het ETM in ons April-verslag gereken, “sal vir Suid-Afrika en die rand baie belangrik wees”.

Ná ‘n jarelange sywaartse bewegings het die prys van goud onlangs deur boonste vlak van die tegniese driehoekpatroon beweeg. So ‘n deurbreking laat markte gewoonlik regop sit want dit kan dui op ‘n moontlike verandering in markdeelnemers se siening oor goud – of selfs ‘n nuwe bulmark in goud.

‘n Blywende marksiklusverandering, oftewel ‘n nuwe goudbulmark in dié geval, benodig beslis verdere bevestiging – ‘n markterugsakking van hierdie punt af kan natuurlik nooit uitgeskakel word nie.

Wat wel van belang is, is dat ‘n opswaai in die prys van goud kan dui op ander dinge soos ‘n verlies in vertroue in die wêreldekonomie in die algemeen. Ook vanweë SA se posisie in die goudmark is die goudprys veral nou een om dop te hou.

[Lees hierdie artikel ook op Maroela Media onder Geldsake.]

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN
NUUSBRIEF