Nuus > Kommentaar > Suid-Afrika op die Ekonomiese Vryheid van die Wêreld-indeks

Die Fraser-Instituut stel jaarliks een van die groot indekse oor ekonomiese vryheid bekend.

Dit vorm deel van die instituut se Economic Freedom of the World: Annual Report. (Verslag hier beskikbaar.)

Hierdie indeks poog om ekonomiese vryheid tussen lande te vergelyk. Soos met meeste indekse is daar natuurlik beperkinge om in ag te neem, maar in geheel gesien skets dié indeks ‘n insiggewende prentjie.

Gemeet aan die Fraser-Instituut-indeks laat Suid-Afrika se metings veel te wense oor. Suid-Afrika se algehele telling uit 10 in die 2019-verslag (wat 2017-data vergelyk) word in die volgende grafiek aangedui, asook die beweging op die indeks oor die afgelope jare.

Namibië, Botswana, Mauritius en twee Skandinawiese lande se tellings is bygevoeg ter illustrasie. Veral die toenemende verskil tussen Suid-Afrika en Botswana oor die afgelope jare is interessant om op te let. Mauritius, as een van Suid-Afrika se bure, se hoë telling uit tien is ook noemenswaardig.

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN
NUUSBRIEF