Inisiatiewe > Regsuksesse > Vakature by Sakeliga

Koördineerder, Sakekamers

Sakeliga nooi hiermee geskikte kandidate om aansoek te doen vir die pos van Koördineerder: Sakekamers. Die pos is gebaseer in Kloofsig, Centurion.

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die koördinering van Sakeliga se geaffilieerde sakekamers en bedryfskamers. Pligte sal insluit:

  • werwing van sakekamers en bedryfskamers vir affiliasie by Sakeliga
  • bystand aan besture van sakekamers en bedryfskamers in die oprigting en bestuur van hul organisasies as aparte regsentiteite
  • verhoudingsbestuur met sakekamers en bedryfskamers
  • lewering van advies aan sakekamers en bedryfskamers ten opsigte van regsaangeleenthede, projekte en organisasiebestuur
  • bystand aan Sakeliga se Hoof van Media en Bemarking vir ledewerwing vir sakekamers en bedryfskamers
    verteenwoordiging van Sakeliga by geaffilieerde sakekamers en bedryfskamers

Die pos sal ‘n beduidende mate van reis vereis, veral binne Suid-Afrika, en moontlik ook van tyd-tot-tyd buite Suid-Afrika.

Die Koördineerder: Sakekamers sal aan die Uitvoerende Hoof rapporteer.

Vaardighede en eienskappe wat tot die kandidaat se voordeel sal strek sluit in:
‘n Deurdagte en verantwoorde verbintenis tot vryemarkbeginsels; ‘n kombinasie van algemene, politieke, ekonomiese, finansiële en regskennis; goeie kommunikasie- en taalvermoëns; strategiese denke; professionaliteit; en gedrewenheid om selfstandig uitsette te lewer, maar ook goed in ‘n span te kan funksioneer.

Om te kwalifiseer benodig kandidate ʼn toepaslike kwalifikasie en 2 tot 5 jaar relevante ondervinding.
Indien jy die profiel pas, stuur asseblief ʼn Afrikaanse weergawe van jou CV na mhb@sakeliga.co.za voor of op 9 November 2018.

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN