Nuus > In die media > Wat opgegaan het, moes afgekom het – Sakeliga oor die 2019-begrotingsrede

“Wat ons in die 2019-begrotingsrede nodig gehad het was ‘n betekenisvolle daling in besteding. Ons het egter ‘n lywige styging in besteding, belasting, brandstofheffings, en ‘n besonder ontydige koolstofbelasting gekry. Dit stuur die ekonomie en die Suid-Afrikaanse fiskus verder op ‘n onvolhoubare pad. Boonop, deur inkomstebelasting te verhoog, plaas die regering die koopkrag wat werkers toekom in die hande van burokrate.”

Volgens Piet le Roux, uitvoerende hoof van die sakegemeenskap Sakeliga, blyk die fundamentele fiskale trajek van die begroting steeds kommerwekkend te wees – ondanks tekens dat die minister van finansies, Tito Mboweni, besteding aan die salarisrekening van staatsamptenare wil besnoei en weerstand bied teen verdere skuldondersteuning aan staatsondernemings.

“Van die begin van sy termyn, en in die oploop tot minister Mboweni se belastingrede, het Sakeliga beklemtoon dat die lakmoestoets vir hierdie begroting sal wees of staatsbesteding wesenlik ingekatrol word. Ondanks pogings deur minister Mboweni het ons die teenoorgestelde gesien. Uitgawes word steeds begroot om met meer as prysinflasie te styg.”

ESKOM

Met die oog op die elektrisiteitskrisis, het minister Mboweni finansiële hulp van R23 miljard per jaar aan die sukkelende Eskom toegeken met die oog op die kragreus se herstrukturering. “Hoe lank die herstrukturering gaan duur is egter nog onduidelik. Drastiese veranderinge by Eskom is broodnodig, maar dit is onwaarskynlik dat die Tesourie se benadering die krisis in die medium- en langtermyn gaan oplos.”

Dit is veelseggend dat die Minister nie gretig is om meer van Eskom se skuld aan boord te neem nie. Ons moet, egter, steeds versigtig wees vir hierdie verwikkeling – aangesien dit impliseer dat verbruikers dan met elektrisiteitstariefverhogings in Eskom se finansiële behoeftes sal moet bevredig. Wat ons nodig het is ‘n vrye mark in elektrisiteit, sodat al ons eiers nie in een mandjie is nie.”

STAATSINSTELLINGS

Dit is al vir ‘n geruime tyd duidelik dat Minister Mboweni waarskynlik wil ontslae raak van die las van staatsinstellings soos SAL. Hy is, egter, beslis beperk in wat hy daaraan kan doen en die gevolg is dat ons, weereens, ernstige voornemens gehoor het, maar geen werklike verligting van die staatsinstelling skuld-lokval ervaar nie,” sê Le Roux.

STYGINGS IN BELASTING

Hoewel inkomstebelastingkoerse nie opwaarts aangepas is nie, sal blokkruiping (belastingskale wat nie aangepas is vir inflasie nie), steeds tot gevolg hê dat belastingbetalers swaarder onder belasting gebuk sal gaan. “Op ‘n jaarlikse inkomste van R500 000, byvoorbeeld, sal die effektiewe styging in belasting betaal ekwivalent wees aan ‘n 2%-styging,” sê Le Roux. “’n Aantal kleiner belastings en belastingaanpassings is ook rede tot kommer. Brandstofbelastings dreig om ekonomiese aktiwiteit verder in te perk, met stygings van 29c en 30c vir petrol en diesel onderskeidelik. Soos in die geval van inkomstebelasting verhogings te wyte aan blokkruiping, het hierdie stygings tot gevolg dat produktiewe geld uit die hande van die publiek geneem word en in die hande van burokrate geplaas word.”

BEGROTINGSTEKORT EN STAATSKULD

Dit is teleurstellend om te let op die feit dat Mboweni nie daarin kon slaag om staatsbesteding in enige betekenisvolle sin te beperk nie, met ‘n begrotingstekort wat op R242 miljard staan. Hierdie is grootendeels te wyte aan die Minister se huiwering – of die beperkinge wat deur sy party ingestel is – om koste te bespaar waar dit werklik saak maak. “Hy teiken die openbare sektor salarisrekening, met pakette vir vroeë aftrede en natuurlike personeelafname. Personeelbesoldiging word egter steeds geprojekteer om toe te neem teen meer as 7% per jaar in komende jare,”sê Le Roux.

Verder word daar verwag dat fiskale druk waarskynlik sal vererger. “Die Minister verwag dat bruto nasionale skuldvlakke, uitgedruk as ‘n persentasie van BBP, ongeveer 60% sal bereik teen 2023/2024 – maar hierdie sluit skuldwaarborge en ander voorwaardelike laste op die fiskus uit,” sê Le Roux.

Ter slotsom sê Le Roux: “Dit sou nooit maklik gewees het om die begrotingstekort tot onder die R100 miljard kerf te bring soos ons voorgestel het nie. Minister Mboweni se beste poging in hierdie verband is om ‘n begrotingstekort van ongeveer R227 miljard, in reële terme, teen 2021 te projekteer. Wat ons nodig gehad het was iets drasties. Ons het dit nie gekry nie.”

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN
TEKEN IN OP ONS NUUSBRIEF