Inisiatiewe > Veldtogte > AfriSake tree op teen Eskom in Musina

Jongste nuus 4 Julie 2018

AfriSake het dringende hofverrigtinge teen Eskom ingestel weens die kragreus se voorneme om vanaf 6 Julie 2018 kragonderbrekings in Musina te implementeer.

Die sakeregtewaghond gaan op 5 Julie aansoek gedoen vir ‘n dringende interdik aansoek om die elektrisiteitsdiensverskaffer te verbied om hierdie kragonderbrekings te implementeer, asook om dié planne nietig te verklaar weens wetlike gebreke in die beplanningsproses.

Hou die blad dop vir die verwikkelinge.

Die veldtog

Soos by tientalle dorpe landswyd dreig Eskom tans om, weens munisipale wanbetaling, elektrisiteit na Musina te onderbreek. AfriSake is besig met ‘n nasionale regstrategie om Eskom te verhoed om hierdie stappe te neem, onder meer omdat ons van mening is dat die afskakeling van krag ‘n afwaartse spiraal veroorsaak en nie help om die onderliggende probleem op te los nie.

AfriSake het Eskom op 18 Junie in breedvoerige regskrywes gemaan om nie Musina se krag af te sny nie. Lees die brief hier.

Intussen berei AfriSake vir regsaksie voor, gegewe Eskom se voorneme om op 6 Julie die krag af te skakel. AfriSake is bewus van pogings om met Eskom oor die bedrag te onderhandel, maar dit gaan net weer geldnood in ander dele van die munisipaliteit veroorsaak. Die probleem van munisipale skuld gaan nie weggaan nie en tydelike onderhandelinge is dus nie ‘n oplossing nie.

Regsaksie soos hierdie kos ‘n gemeenskap op sy eie honderde duisende rande. Maar AfriSake se rol is om die ekonomie, insluitende ‘n plaaslike ekonomie, aan die gang te hou. AfriSake kan die aksie help finansier en dryf, ook in nasionale belang. Daarvoor benodig ons egter die ondersteuning, in mandaat en finansieel, van die plaaslike gemeenskap.

As jy deel wil wees van die oplossing en soos ander Musina-inwoners ‘n bydrae sal lewer, vul die onderstaande vorm in:

*Onthou, jy kan jou bydraes van belasting aftrek. Lidmaatskap is vrywillig en is nie aan ‘n vaste termyn gekoppel nie.

Vul die onderstaande vorm in om betrokke te raak en saam met AfriSake Eskom teen te staan.

Raak betrokke

  • Sluit aan as:

NUUS

AfriSake stuur aanmaningsbrief aan Eskom oor geplande kragonderbrekings in Musina.

Hof verbied Eskom om krag af te skakel.

Ekonomiese krisis staar plaaslike munisipaliteite in die gesig.

TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!