Inisiatiewe > Funksies > Winsgewende kleinsakebestuur: Die sleutel tot besigheidsukses

Dit is geen geheim dat ons huidige ekonomiese landskap baie uitdagings aan sakelui bied nie. Baie besigheidseienaars is onseker of hulle ondernemings optimaal winsgewend bedryf word en het nie werklik toegang tot kleinsakebestuur spesialiste soos die Adviesburo vir Kleinsake Ondernemings soos voorheen nie. Hulle word nie blootgestel aan die kritiese bestuursaspekte wat winsgewendheid beïnvloed nie en het moontlik die potensiaal om baie meer winsgewend te wees.

Daarom bied Sakeliga in samewerking met die South African Council for Small Business (SACSB) en Maroela Media op 16 Oktober 2018 ‘n seminaar, Winsgewende kleinsakebestuur: Die sleutel tot besigheidsukses.

Hierdie voldag seminaar is daarop geskoei om sakelui, besigheidseienaars en entrepreneurs toe te rus met die nodige kennis om nie net hulle ondernemings meer effektief te bestuur nie, maar ook hulle tyd.

Tydens die seminaar sal vier temas gedek word deur SACSB en Maroela Media sal ook ‘n spesiale aanbieding doen rakende hoe sakelui sosiale media kan benut om besigheidsukses te optimaliseer. Die seminaar sal afgesluit word met n netwerkgeleentheid vir gaste met kaas en wyn.

Datum: 16 Oktober 2018
Plek: Leriba Lodge, Centurion
Tyd: 08:00 vir 08:30

Sprekers en onderwerpe:

  • Die rol van ‘n jokkie – Professor Tommy du Plessis
  • Waarom “is jy in” of “wil jy” ‘n eie besigheid besit? – Professor Tommy du Plessis
  • Wanneer kan jy jouself of jou besigheid as “suksesvol” beskou? – Carl Aucamp
  • Geheime van digitale bemarking en sosiale media – Susan Lombaard en die Maroela Media-span
  • Wat kan jy nou doen om nog meer “suksesvol” te wees? – Arnold Vosloo
  • Wat moet môre gedoen word om “sukses” te verseker? – Professor Tommy du Plessis
  • Netwerkgeleentheid met Kaas en Wyn-afsluiting

Oor die sprekers:

  1. Professor Tommy du Plessis is die direkteur van die Potchefstroom Sakeskool en president van die South African Council for Small Business.
  2. Carl Aucamp is ‘n kleinsake-ontwikkelingspesialis en die vise-president vir onderwys en opleiding van die South African Council for Small Business.
  3. Susan Lombaard is die uitvoerende direkteur van Maroela Media.
  4. Arnold Vosloo is ‘n kleinsake-ontwikkelingspesialis en die vise-president vir kleinsake-ondersteuningsdienste van die South African Council for Small Business.

Daar is slegs 50 sitplekke beskikbaar. Vul die onderstaande vorm in om joune te bespreek.

  • Lidmaatskap
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

 

Facebook
Twitter
Whatsapp
Email
TUIS     NUUS     KONTAK ONS

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe to our newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

SLUIT AAN